Porcelain.
I stretch it, paint it, fold it, going to the limits of its strength, fragility and transparency.
It often leaves me in desperation because of its fragility.
It leaves me breathless with the feeling of happiness to see its fragile intensity.

30.8.07

earrings and earrings; some flowers, some leaves, some spaghetti ?







29.8.07

Giulia showing earrings








picture by Francesco Grinovero

12.8.07

FRAGILITY

9.8.07

brief van Bert

de brief die hier staat is eigenlijk een verhaal
woorden om te proeven;
een verhaal zo mooi in elkaar geweven
zoals - hoop ik - mijn werk
maar ook zo'n mooi compliment
dat ik het niet na kon laten om het
hier neer te zetten
als een glas 'gemmerbier'.....:
om van te genieten!


15 januari 2008

Dit is ragfyne werk - dis die werk van Margrieta ! Voorheen was daaraltyd 'n band tussen funksie en skoonheid. Jy het goed daarin geslaagom skoonheid volledig los te koppel van funksionaliteit. So hoortdit ook. Ek sien dat jy in jou blog [of wat dit ook al genoem word]die woord fragility gebruik. Dit is natuurlik so, maar ek sou liefs : the delicate and the dainty ! gebruik, want dit beskryf juis goed watdie voorwerpe is. Ek bedoel nou die fyn werk met papier soos die koppies en pierings [Afrikaans vir Schoteltjes] , Die woord pieringkom eintlik uit die Maleis - hulle praat ook van piesang en nie van bananas nie. Daar is heel wat van die vreemde woorde soos byvoorbeeld gogga. 'n Gogga is iets soos 'n spinnekop, ofduisendpoot of kakkerlak of oorkruiper of wat hier beestjes genoemword. Maar in Afrikaans word dit ook gebruik om van jou liefling te praat. So kan ek van jou sê dat jy my gogga is. Dis die merkwaardige van taal dat dit somaar dwarsoor alles kan spring - kyk dan het gogga helemaal geen betrekking meer op die spin of kakkerlak nie. Die woorde of klanke begin in die taal eintlik met mekaar tespeel - die betekenis, die semantiese, gaan verlore of word doelbewusweg gedruk - dan word dit die musiek van die taal. Gogga is 'n vreemde woord - dit hoort nie in die Germaanse tale nie, maar die klank is vreemd , dui iets uniek aan omdat dit vreemd is - ek dink dit kom uit die taal van die Grikwas [ 'n inboorling-stam in Suid-Afrika,iets tussen 'n Xosa en 'n boesman ! Het jy toe al Andre Brink se Bidsprinkaan gelees ? Dit moet jy lees - een van die mooiste verhale van alle tye - nou daarin kom die Grikwas voor. Hulle was 'n klein groepie en eintlik die blankes goedgesind omdat die blankes in Suid-Afrika ook vreemdes was. Hulle het ook vry snel die godsdiens van die blankes oorgeneem. Om dan so 'n predikant te hoor preek, was iets wonderbaarlik, iets uit die verhaal van Tant An in die paradys. Hulle godsdiens was so aards as wat jy maar kon kry - die hemel en die gode was almal hier by ons, jy kon somaar te voet daarheen loop, of met 'n fiets daarheen ry, maar dan moes jy wel die fiets by die hek laat bly, want 'n fiets kan nooit 'n gelowige wees nie - dit word dan'n groot probleem vir Nederlanders wat oral hulle fietse wil mee neem, altyd twee fietse agter op die motorkar. Maar ja, hulle is dan ook nie Grikwas nie en weet ook nie wat of wie my gogga is nie. Jy sou ook kan sê dat jou koppies en pierings jou goggas is! Dis ookdaarom dat ek op die viool musiek kan speel waarby mense die skuurpens of die settees kan dans. Vandag dans mense sonder om mekaar aan teraak - omdat hulle nie weet wat 'n skuurpens is nie ! Taal moet jy proe soos wat jy gemmerbier proe [ gingerbeer] , want dit is geen bier, wil ook nie bier wees nie - dis iets soos jou kunsstukke - hullewil nie dat jy daaruit koffie of tee drink nie, wil gewoon mooi wees. Is dit nou nie al genoeg nie ? Jy kan gingerbeer ook hier in flessies koop, maar jy kan dit beter direk uitspoeg want alleen iemand soos tant An kan gemmerbier maak. Daar is ook geen resep daarvoor nie, dis iedere keer iets nuuts, kyk jy volg ook nie 'n resep nie. As jy dan wel 'n resep vir gemmerbier in Google sou vind, sekerlik wel, dan skryf jy dit af en sit die papiertjie in 'n laai en dan moet jy vergeet in welke laai jy dit gesit het en dan gaan jy gemmerbier maak, egte gemmerbier. So werk dit. As iemand dan sê: jislaaik hoe kan jy nou sulke lekker gemmerbier maak, mag ek die resep daarvan hê ? dan sê jy, ja ek het die resep afgeskryf , het dit in Google gevinden, ek sal dit soek, dit is iewers, maar as ek eendag tyd het, sal ek dit soek en vir jou pos . Dan kan jy seker wees dat jy self ook lekker gemmerbier sal maak, sonder die resep ! Sulke dinge verstaan mense hier nie. Ek het dit eendag hier vertel en toe sê die mevrou: Maar u het tog 'n besondere laai waarin u al die resepte in 'n boekie opskryf ! Ek is daarvan oortuig dat die vrou, nooit, maar nooit gemmerbier sal kan maak nie, miskien wel hutspot of hete bliksem of so iets, maar dit kan tant An natuurlik weer nie.Nou kan jy ook sien waarom die woorde : the delicate and the dainty beter pas by jou werk. Soms is dit nie so maklik om alles uit te lê nie en soms praat 'n mens ook teen klein kinders om hulle te waarsku dat hulle iets nie moet doen nie en dan sê jy : pas op die gogga sal jou byt ! Maar 'n gogga sal my gogga nie byt nie, jy hoef ook nie gemmerbier te maak nie, maak maar die dinge wat delicate and dainty is. Ek is nou so moeg van die skryf, ek gaan eers 'n glasie gemmerbier drink.
Bert

A.M.T. Meyer




8.8.07

Ilaria's earrings